Case History
We have a student who is in Grade 5. He joined our programme in April 2011 at which time he displayed a three year delay in reading and comprehension skills. In September 2011, after just 17 sessions, he now only has a one year delay in his reading and comprehension skills. His overall school achievement has also demonstrated a significant improvement.
Testimonials
Micayla started Educent in Grade Seven to help with her comprehension. Her marks have improved by 20%. She is enjoying English and gained confidence. Educent has helped in all her subjects (reading for meaning). She is doing very well at school.
- Cindy Pereira
Ek was totaal raad-op met my seun in graad 6 - sy boetie in graad 3 lees al vanaf graad 1 baie beter as hy. Hy ruil sy letters om (b,d), asook syfers, hy lees stadig en hakkelend, die woorde wat hy lees is alles behalwe wat daar staan. Spelling was 'n marteling elke week. Elke week begin ons met die week se spelwoorde (opgedeel in kleiner groepies) en dit het ons tot partykeer 'n uur en 'n half geneem om die tien woorde vir die dag reggespel te kry.
Alhoewel sy toetspunte hoog was (want ek voer alles met 'n lepeltjie), was sy klaswerk swak. Weens swak konsentrasie, swak spelling, nie die opdrag verstaan nie ens. My hart was stukkend oor my kind, want hy probeer so verskriklik hard, maar niks blyk te werk nie!!
Ek het alles probeer wat "daarbuite" is, uiteindelik het ek hierdie jaar slegs na Engelse aanvullende klasse gesoek, het intussen probeer vrede maak dat my seun nooit ordentlik gaan lees nie - en ook nooit gaan kan spel nie.
Die lekkerste van die Educent klasse vir die kinders is dat hulle nie huiswerk kry nie. En die uur klas geniet hy vreeslik! Want hulle doen verskillende goed, so daar is nie kans om verveeld te raak nie.
Na die eerste ongeveer 10 klasse kon ek duidelike verskil in sy skrifboeke optel. Sy werk was netjieser, spelling is beter. Daar is defnitief hoop! Die spelling elke week word makliker geleer, as hy nou die foute sien wat hy maak, skryf hy die woord gouer korrek en hy onthou beter hoe die woord dan geskryf word. Spelling neem ons nou 15 minute per dag en ons het nie meer 'n tranedal sessie nie! Die lees is ook beter, ons het 'n hengse agterstand om in te haal, maar ek glo ons sal daar kom!
Educent is defnitief iets om te oorweeg. As jy na klasse soek waar jou kind met liefde, deernis en met aanmoediging behandel word kan ek defnitief Educent aanbeveel.